Lees ook: Israel-Palestynse konflik – dodetal styg tot meer as 1 000
ALEXANDRIë, EGIPTE. – ’n Egiptiese polisieman het glo gister op Israeliese toeriste by ’n toeristebestemming geskiet. Twee Israeliese toeriste en hulle Egiptiese toergids is dood.
Die polisieman het sy persoonlike wapen gebruik om op die toeriste te skiet. Hy is daarna in hegtenis geneem.
Dit volg na Hamas Saterdag ’n aanval op Israel geloods het. Die dodetal in die konflik het tot byna 1 200 gestyg. Verskeie ander lande het ook moorde, ontvoerings en gevalle van vermiste persone aangemeld na die konflik Saterdag begin het.
Bronne: Euronews, ABC News, Sky News
Lees ook: Israel-Palestynse konflik – dodetal styg tot meer as 1 000