Lees ook: Reën en donderstorms vir vandag voorspel
EGIPTE. – Sowat 16 mense, van wie die meeste toeriste, is vermis na die seiljag Sea Story in die Egiptiese Rooi See ná waarskuwings oor ’n onstuimige see gesink het.
Volgens die goewerneur van die Rooi See-streek, Amr Hanafy, kon reddingswerkers 28 mense red na die seiljag gesink het. Sommige van die oorlewendes moes mediese behandeling ontvang.
Hanafy het gesê 44 persone was aan boord toe die seiljag gesink het. 13 was Egiptenare, wat die bemanning insluit.
Die seiljag het Maandag ’n noodoproep gemaak na dit Marsa Alam vir ’n vyfdagreis verlaat het.
Die onstuimige see was moontlik die oorsaak dat die seiljag gesink het.
Bronne: ABC News, Sky News, CNN
Lees ook: Reën en donderstorms vir vandag voorspel





