LIMPOPO. – Die liggame van ‘n man (49) en sy vrou (45) is Maandagmiddag omstreeks 14:00 in hulle huis in die Motserereng-woonbuurt gevind. Die vrou het aan erge brandwonde gesterf.
Kol. Malesela Ledwaba sê die voorlopige ondersoek dui aan die egpaar het ‘n argument gehad waartydens die man die vrou met warm water gebrand het. Die brandbeserings wat sy opgedoen het, het waarskynlik tot haar dood gelei.
Ledwaba sê die man het daarna selfdood gepleeg. Sy liggaam is in ‘n ander kamer aangetref waar hy homself gehang het. Die polisie is ook in besit van ‘n selfdoodnota wat langs die man gevind is.
Die ondersoek duur voort.
Lt.genl. Thembi Hadebe doen weereens ‘n beroep op pare met probleme om professionele hulp te kry.





