Egpaar in hospitaal ná huisroof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Egpaar, beide in hul 60’s, is tans nog in die hospitaal nadat hulle Vrydagoggend tydens ‘n huisroof in Schuttelaan, Brits, aangerand is.

Kol. Adéle Myburgh sê aan Nuusflits die egpaar het die vorige aand van Kaapstad teruggevlieg en het geslaap toe hulle tussen 10:00 en 10:30 oorval is. ‘n Huiswerker wat drie verdagtes buite opgemerk het, het die huis ingevlug, met die verdagtes op haar hakke. Drie huiswerkers is na die sitkamer geneem en vasgebind, waarna hulle selfone gesteel is.

“Hierna is die verdagtes na die boonste verdieping waar die egpaar oorval en erg aangerand is.”

Myburgh sê beide het kopbeserings opgedoen. Die vrou is aan ‘n ventilator in die hospitaal gekoppel.

‘n Dogter (40) wat ook in die huis geslaap het, het nie wakker geword nie, alhoewel haar selfoon gesteel is. Haar man was reeds by die werk en twee kinders by die skool. Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug.

“Aangesien die egpaar steeds in die hospitaal is, is daar nog nie vasgestel wat van hulle gesteel is nie.

Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom en kapt. Dalton Seko by 060 9877 543 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief