Egpaar sterf aan skietwonde

Lees ook :

Foto: Gemsbok Koerant

NOORD-KAAP. – Jasper en Nicolene van der Westhuizen van Upington het Maandag by hulle huis in Oosterville aan skietwonde gesterf.

Sers. Omphile Masegela sê aan Nuusflits die polisie is ingelig oor ‘n paar wat met skietwonde in hulle huis aangetref is. Polisie is na die toneel waar nooddienste die egpaar, wat deur Gemsbok geïdentifiseer is, dood verklaar het.

“In hierdie stadium wil dit voorkom asof die man die vrou geskiet het en daarna die vuurwapen op homself gerig het.”

Dossiere van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen, wat deur die polisie ondersoek word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief