Eienaars van luuksemotors in Kaapstad verwyder nommerplate om verkeerskameras te vermy

Lees ook :

Die Ndabeni-skut is een van twee fasiliteite wat deur die Stad Kaapstad besit word waar geskutte voertuie gestoor word. (Fotobron: SABC Nuus)

LEES OOK: Nasionale tesourie keur Eskom-skuldverligting vir 28 munisipaliteite goed

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, het kommer uitgespreek oor die groeiende neiging dat eienaars van luuksemotors hulle nommerplate verwyder om opsporing deur verkeerskameras te vermy.

In reaksie op hierdie praktyk het die stad opgetree en luuksevoertuie geskut waarvan die eienaars die stad se bywette oortree het.

Smith het gsê: “Daar is ‘n rekord van die gedrag van die voertuie. Ons kan ook sien of daar enige probleme is, met ander woorde, as die persoon ‘n aansienlike aantal boetes het wat arrestasiebevele geword het en die voertuig ‘gemerk’ is. En onder daardie omstandighede waar die voertuig duidelik ‘n herhaalde oortreder is waar die persoon ‘n gewoonte maak om die gereg te ontduik, met ander woorde die nommerplate af te haal sodat dit minder deur kameras opgespoor kan word. In daardie gevalle neem ons wel aksie.”

Die verwydering van nommerplate is ‘n groeiende probleem in die stad, aangesien eienaars van luuksevoertuie opsporing vir verskeie verkeersoortredings en ook boetes en strawwe probeer vermy. Deur hierdie gedrag hok te slaan, hoop die Stad Kaapstad se owerhede om veiliger padtoestande te bevorder en verkeerswette doeltreffend af te dwing.

#Kaapstad #LuukseMotors #Verkeerskameras #Boetes #Afrikaans #Nuus

Bronne gebruik: SABC Nuus; The Voice of the Cape.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief