Brekende Nuus
Afrikaans

Eiendom van amper R150 000 tydens huisroof op plaas gebuit

Eiendom is Woensdagoggend tydens 'n huisroof op 'n plaas gebuit.

Eiendom tydens huisroof op plaas gebuit
Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Eiendom ter waarde van R147 650 is Woensdag tydens ‘n huisroof op ‘n plaas in Makhado gebuit.

Brig. Hlulani Mashaba sê die slagoffer (30) het na bewering gelê en slaap toe verdagtes hom omstreeks 04:00 met ‘n mes en skroewedraaier gedreig en geld sowel as vuurwapens geeïs het.

Die plaashuis is geplunder waarna die booswigte met onder meer ‘n televisie, klere, selfoon, skootrekenaar, vrieskas en kontant gevlug het.

Die polisie is na die toneel ontbied waarna ‘n huisroofsaak geopen is wat tans ondersoek word.

Enigiemand met inligting kan speur.sers. Tshifhiwa Netshia by 066 263 4915 bel.