GAUTENG. – ‘n Eksamennasiener (50) het glo Dinsdag by die Alberton-nasiensentrum gestruikel en haar kop teen ‘n paal gestamp, waarna sy later oorlede is.
Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement, sê die vrou het glo Dinsdagaand gestruikel en ‘n kopbesering met die val opgedoen toe sy die perseel verlaat het. Sy is na ‘n hospitaal gehaas waar sy later oorlede is.
Die departement ondersteun die oorledene se kollegas en diegene wat by die sentrum deur die insident geraak is.





