Ekurhuleni-LUR vermis nadat voertuig in Mosambiek meegesleur is

Lees ook :

Foto: Die Stad Ekurhuleni

GAUTENG. – Rdl. Andile Mngewvu, die LUR vir paaie en vervoerbestuur vir die Stad Ekuhuleni, word vermis nadat ’n voertuig waarin hy en nog vier persone gereis het deur vloedwater in die Chokwé-gebied in Mosambiek meegesleur is.

Luidens ‘n verklaring deur die Stad het ’n Suid-Afrikaanse reddingsending wat na Mosambiek ontplooi is, intussen met een van die vyf insittendes kontak gemaak, maar dit is nie duidelik waar hulle hul tans bevind nie. Die Stad sê die reddingsending werk saam met plaaslike Mosambiekse owerhede en nooddienste terwyl soek- en verifikasiepogings voortduur. Die kantoor van die uitvoerende burgemeester het, in samewerking met die nasionale regering, ondersteuning aan Mngwevu se gade gereël, wat die vorige aand in Mosambiek aangekom het.

Volgens die Stad Ekurhuleni bly dit in noue skakeling met die departement van internasionale betrekkinge en samewerking en ander relevante nasionale strukture. Verdere bevestigde inligting sal deur amptelike stadskanale bekend gemaak word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief