GAUTENG. – ‘n Werknemer van die Stad Ekurhuleni is Vrydag omstreeks 12:00 in Commissionerstraat in Boksburg doodgeskiet.
Zweli Dlamini, woordvoerder vir Stad Ekurhuleni, sê die werknemer wat in die paaie-en-stormwater-departement gewerk het, was tydens sy skietdood aan diens.
Hy is verskeie kere geskiet. Die motief vir die skietvoorval is onbekend.
Dlamini sê die polisie ondersoek die oorledene se dood en vra enigiemand met inligting moet by Boksburg-polisiestasie aanmeld.
“This is a very sad and shocking incident. We are deeply pained by the untimely death of one of our own and, we send our condolences to the family, friends, and colleagues during this trying time.”
Bron: Stad Ekurhuleni
Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.