Ekurhuleni – werknemer aan diens doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Werknemer van die Stad Ekurhuleni is Vrydag omstreeks 12:00 in Commissionerstraat in Boksburg doodgeskiet.

Zweli Dlamini, woordvoerder vir Stad Ekurhuleni, sê die werknemer wat in die paaie-en-stormwater-departement gewerk het, was tydens sy skietdood aan diens.

Hy is verskeie kere geskiet. Die motief vir die skietvoorval is onbekend.

Dlamini sê die polisie ondersoek die oorledene se dood en vra enigiemand met inligting moet by Boksburg-polisiestasie aanmeld.

“This is a very sad and shocking incident. We are deeply pained by the untimely death of one of our own and, we send our condolences to the family, friends, and colleagues during this trying time.”

Bron: Stad Ekurhuleni

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief