Elektrisiteit veroorsaak chaos met vlugte

Lees ook :

Foto: Kaapstad Internasionale Lughawe

WES-KAAP. – Chaos het Woensdag te midde van kragonderbrekings wat op Kaapstad Internasionale Lughawe ervaar is, uitgebreek. Acsa het bevestig vliegskedules was geaffekteer en vlugte is herlei.

Die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) sê in ‘n verklaring die vertragings wat veroorsaak is, word wel opgeklaar. Die kragonderbrekings is deur ‘n beskadigde kabel veroorsaak wat normale bedrywighede by die brandstofdepot en ook die landing van vliegtuie beïnvloed het. Woensdagaand net voor middernag het Acsa in ‘n verklaring gesê die lughawe se werksaamhede word deur kragopwekkers hanteer, terwyl herstelwerk aan die gang is.

Verskonings vir ongerief is gevra, terwyl passasiers aangeraai is om ander lugrederye vir bygewerkte vliegskedules te kontak.

“Ons vra opreg om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak is en bedank alle passasiers vir hul geduld en begrip.”

Intussen het FlySafair te kenne gegee dat ekstra vlugte by die vliegrooster gevoeg is, maar nie al die roetes en vlugte kon geakkommodeer word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief