INDIЁ. – Elf mense is dood en verskeie is gister beseer ná ’n stormloop buite ’n krieketstadion in Bengaluru om die Royal Challengers Bengaluru se oorwinning teen die Punjab Kings in die eindstryd om die IPL-beker te vier.
Lees ook: Radar gebruik by verlate plaashuis in soektog na Madeleine McCann
Die Karnataka staat hoof-minister, Siddaramaiah, het gesê die owerhede het nie so baie mense by die stadion verwag nie.
Volgens ’n polisiebeampte het meer as 200 000 mense het by die stadion opgedaag vir die viering, maar dat net helfte van daardie getal verwag was. ’n Onbekende beampte het gesê die hekke van die stadion “was nie eens oop nie, maar daar was so baie mense wat deur ’n klein hek probeer druk het dat die stormloop plaasgevind het”.
Bronne: BBC, The Independent, IOL
Lees ook: Radar gebruik by verlate plaashuis in soektog na Madeleine McCann





