PRAIA DA LUZ, PORTUGAL. – Die soektog na die vermiste Madeleine McCann duur nog voort met radar wat by ’n verlate plaashuis gebruik word om tekens van ’n liggaam op te spoor.
Lees ook: Nuwe soektog begin vir liggaam van Madeleine McCann
Duitse en Portugese ondersoekers het dié week ’n nuwe soektog na McCann van stapel gestuur, met sowat 21 gebiede wat deursoek gaan word vanaf die oord waar sy verdwyn het tot waar die hoofverdagte in die saak, Christian Brückner, gewoon het.
Volgens die Portugese koerant, Correio da Manha, is nog geen bewysstukke in die soektog gevind nie.
Die soektog sal na verwagting tot Vrydag voortduur.
Bronne: The Sun, Mirror, The Independent
Lees ook: Nuwe soektog begin vir liggaam van Madeleine McCann





