Elon Musk gedagvaar deur markwaghonde oor Twitter-aandele

Lees ook :

Elon Musk gedagvaar deur markwaghonde oor Twitter-aandele fotokrediet; X

Lees ook: TikTok noem bewerings oor verkoop van toep aan Elon Musk ‘pure fiksie’

VSA.- Elon Musk word gedagvaar deur markwaghonde omdat hy nie betyds bekend gemaak het dat hy meer as 5% van Twitter se aandele gekoop het nie.

Hy het die aandele in Maart 2022 gekoop, maar het eers op 4 April gesê hy het die aandele gekoop, wat 11 dae was ná die datum waarop hy dit moes bekend maak.

Die Securities and Exchange Commission het gesê die vertraging het veroorsaak dat hy die aandele teen ‘n laer prys kon koop. Hy het minstens $150 miljoen minder betaal as wat hy sou as hy dit teen die sperdatum bekend gemaak het.

Die kommissie wil hê Musk moet ’n boete betaal en moet die wins, waarop hy nie geregtig was nie, prysgee.

Volgens Musk het hy niks verkeerd gedoen nie.

Bronne: BBC, Financial Times, Sky News

Lees ook: TikTok noem bewerings oor verkoop van toep aan Elon Musk ‘pure fiksie’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief