Elon Musk kritiseer Julius Malema, kla oor Starlink

Lees ook :

Elon Musk kritiseer Julius Malema, kla oor Starlink fotokrediet: X

VSA. – Elon Musk het weer vir Julius Malema, die leier van die EFF, gekritiseer na Malema op Menseregtedag Kill the Boer, Kill the Farmer gesing het en gekla het oor Starlink se lisensie in SA.

Lees ook: Reën vir die week voorspel

Malema het by die Dlomo-dam in Sharpeville die EFF gelei in die sing van die lied en gepraat oor die mense wat tydens die Sharpeville-slagting in 1960 dood is.

Sy toespraak en die keuse om die lied te sing, is deur verskeie mense gekritiseer, veral deur Musk, wat weer gesê het Malema moedig “wit volksmoord” aan.

Hy het ook gekla omdat Starlink nie ‘n lisensie kon kry in Suid-Afrika nie “omdat hy nie swart is nie. En hoe is dit reg?”

Baie Suid-Afrikaners het Musk gekritiseer en gevra waarom hy nou skielik omgee ná die EFF en Malema al vir jare die lied sing en het gesê Musk se eie KI het gesê die liedjie gaan nie oor volksmoord nie.

Malema het tydens sy toespraak gesê: “Ons sal nie geïntimideer word deur Elon Musk en almal wat saam met hom staan nie. Almal wat die geleentheid gegee is om na Amerika te gaan omdat daar ‘n volksmoord teen hulle is, kan gaan. Ons het nie plek vir rassiste in Suid-Afrika nie”.

Bronne: SA People, Briefly, Daily Post Nigeria

Lees ook: Reën vir die week voorspel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief