Embrio-oorplanting maak red van noordelike witrenosterspesie moontlik

Lees ook :

Die Witrenoster-fetus. Foto: Jon Juarez van Bio-Rescue

KENIA, AFRIKA. – Die eerste suidelike witrenosterembrio is op 24 September 2023 in ’n surrogaatrenoster in Ol Pejeta-bewarea in Kenia ingeplant.

Volgens wetenskaplikes is die suksesvolle oorplanting bewys genoeg dat die tegniek wat gebruik is in die toekoms kan werk om moontlik die noordelike witrenosterspesie te red. Daar is tans net twee wêreldwyd oor. Suidelike witrenosters is meer volop.

Bio-Rescue, die navorsingspan wat die prosedure gelei het, het Woensdag bevestig dat die swangerskap 70 dae geduur het. ’n Manlike embrio van 6,4 cm is oorgeplant.

Volgens Bio-Rescue het die pa en surrogaatma van die embrio weens onverwante bakteriële infeksie gesterf.

Hulle plan is om embrio’s van noordelike witrenosterkoeie se eierselle en bewaarde sperm van gestorwe noordelike witrenosterbulle in suidelike witrenosterkoeie oor te plant. Die enigste twee noordelike witrenosterkoeie is nie vrugbaar nie, dus bied die tegniek hoop om die spesie van uitsterwing te red.

Daar word beplan om die eerste noordelike witrenosterembrio-inplantings in Mei en Junie vanjaar te doen. Die embrio’s word in Duitsland en Italië gestoor.

Omgewingsbewaringsgroepe het verder hulle misnoeë teenoor die mensdom wat die natuurlike habitat van noordelike witrenosters in onder andere Soedan, Uganda en die Kongo vernietig het, uitgespreek.

Bronne: The Gaurdian, ABC News, Reuters

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief