President Cyril Ramaphosa het die minister van finansies, Enoch Godongwana, as die waarnemende president van 21 tot 27 Oktober aangestel. Hy is Dinsdag in Tuynhuys deur regter Nathan Erasmus van die hooggeregshof van Kaapstad ingehuldig.
Lees ook: Baan tydelik gesluit oor padwerke in Kaapstad
Die aanstelling is gemaak omdat president Ramaphosa verskeie buitelandse besoeke in die komende dae moet maak.
Die adjunkpresident, Shipokasa Paul Mashatile, is met verlof.
Bronne: SA Regering





