OOS-KAAP. – Die liggaam van ‘n erg beseerde vrou, vermoedelik in haar 20’s, is Woensdag omstreeks 20:00 langs die M19-pad in Gqeberha, naby die Bayland- informele nedersetting gevind.
Kapt. André Beetge sê die vrou kan weens die erns van haar beserings nie geïdentifiseer word nie.
Die oorledene is in ‘n wit T-hemp en blou denimbroek geklee en het kort swart hare.
Enigiemand wat die polisie met die ondersoek kan help, word gevra om speur.sers. Mulder van Despatch-polisie by 082 441 7828 te bel.

