Ernstige beserings toe voertuig in twee stilstaande voertuie vasry

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

Verskeie ernstige beserings is opgedoen toe drie motorvoertuie Saterdag 3 Junie 2023 in die vroeë oggendure in Hambanathi, KwaZulu-Natal in ‘n botsing betrokke was.

Reaction Unit South Africa sê een van hul lede was op patrollie in die area toe hy toevallig op die toneel afgekom het.

Na bewering het ‘n wit Opel Corsa agter ‘n swart VW Golf gestaan wat meganiese probleme ondervind het.

‘n Grys Chevrolet Aveo het glo teen ‘n hoë snelheid in die twee stilstaande voertuie vasgery.

Die insittendes van die VW Golf het ernstige beserings opgedoen. Die bestuurder het in die voertuig vasgesit en moes deur Ethekwini-brandweer uit die voertuig gehaal word.

Die beseerdes is gestabiliseer voordat hulle met ‘n privaat ambulansdiens hospitaal toe vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief