Eskom loods Afrika se grootste batterystoorstelsel

Lees ook :

Eskom loods Afrika se grootse battery stoor stelsel
Eskom loods Afrika se grootse battery stoor stelsel fotokrediet: Canva

Lees ook: Meer beurtkrag na vertragings by Eskom

WORCESTER. – Eskom het Vrydag die grootste battery-energiestoorstelsel (Bess) in Afrika in gebruik geneem.

Die Hex-Bess-terrein op Worcester is die eerste projek wat klaargemaak is na die Bess-inisiatief in Julie 2022 aangekondig is.

Die inisiatief is ’n reaksie op Suid-Afrika se energiekrisis en beoog om die nasionale elektrisiteitsnetwerk te versterk. Groot batterybanke met ’n daaglikse kapasiteit van 1.440MWh en 60MW PV (fotovoltaïese sonkrag) word gebruik.

Die Hex-Bess-terrein is ontwerp om 100MWh te stoor en kan dorpe soos Mosselbaai of Howick vir sowat vyf uur van krag voorsien.

Dit vorm deel van fase 1 van die Bess-projek. Nog 833MWh stoorkapasiteit sal by agt Eskom-substasies in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Noord-Kaap installeer word.

Bronne: IOL, Biz Community, Moneyweb

Lees ook: Meer beurtkrag na vertragings by Eskom

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief