‘Eskom moet kraglyne in stand hou’ – DA

Voorheen was 'n aantal dorpe, insluitend Reivilo, vir byna 'n week sonder krag.

'Eskom moet kraglyne in stand hou' - DA
'Eskom moet kraglyne in stand hou' - DA fotokrediet: Verskaf

*PERSVERKLARING

Brande in die Warrenton-omgewing het die behoefte vir Eskom om dringend brandvoorkomingsmaatreëls langs sy kraglyne te implementer, blootgelê.

Warrenton-inwoners sit al drie dae sonder elektrisiteit, ná ‘n brand op die Ganspan-grondpad wat oor die N18 gespring het, en weiveld en ‘n aantal plase vernietig het. Tydens die brand het vyf elektrisiteitpale op die hooftoevoerlyn na Warrenton ook afgebrand. Dit het ‘n kragonderbreking in Warrenton en omliggende dorpe veroorsaak.

Dit is een van vele brande wat die afgelope maand skade aan elektriese infrastruktuur in die Magareng-omgewing aangerig het. Voorheen was ‘n aantal dorpe, insluitend Reivilo, vir byna ‘n week sonder krag gelaat.

Benewens beurtkrag het dit die plaaslike ekonomie lamgelê. Skade is ook aan boere en grondeienaars berokken, wat reeds met hoë lewenskoste sukkel.

Die DA sal met wetstoepassers opvolg oor bewerings van brandstigting. Intussen het Eskom ‘n onmiddellike rol om te speel om die verwoesting, wat veroorsaak word deur die toenemende aantal brande wat in die gebied voorkom, te versag.

In die verlede het Eskom die onmiddellike omgewing rondom sy kraglyne in stand gehou deur die area skoon te maak, wat effektief brandbane langs die lyne geskep het. Dit sal die risiko wat brande vir die Eskom-kragpale inhou, aansienlik verminder. Dit sal ook elektriese infrastruktuur beveilig, koste tot die minimum beperk en help om bykomende kragonderbrekings te voorkom. Dit sal verder dien as ‘n waardevolle voorkomende veiligheidsmaatreël vir boere, huiseienaars en besighede.

Die DA het ‘n versoek by die plaaslike Eskom-kantoor ingedien om dringend instandhouding langs sy kraglyne in die Magareng-omgewing te begin. Eskom is dit verskuldig aan inwoners, wat die drievoudige houe van beurtkrag, brande én kragonderbrekings weens brande, om verdere skade te help verminder.

*PERSVERKLARING

Lees ook: Adjunk-minister van polisie se beskermer dood in massaskietery in Gugulethu

Nege ANC-lede sterf in busongeluk

Soek jy oulike bykomstighede vir jou bril?

Joe Biden se hond het geheime agente minstens 24 keer gebyt

Polisieman in hegtenis vir moord op vermiste paar

Wapenhanteerder op filmstel was ‘agtelosig’ – staatsaanklaers

Polisie vra vir hulp om man (72) te vind

Lotto uitslae vir 24 Februarie 2024

Wêreld se grootste slangspesie in Amasone gevind

[psac_post_carousel slide_show="3" category="2888"]