Brekende Nuus
Nuus

Estie Rykheer ná meer as maand gevind

Foto: Missing Person South Africa

VRYSTAAT. – Estie Rykheer (48), wat sedert 25 September vermis was, is gevind.

Rian Carstensen van Parkweg-polisie het die nuus aan Nuusflits bevestig. Rykheer se verdwyning het groot kommer ontlok nadat sy laas op 25 September in Bloemfontein gesien is. Haar familie en die publiek is vroeër gevra om te help met inligting wat tot haar opsporing kon lei.

Meer besonderhede oor waar sy gevind is en haar huidige toestand is nog nie bekend nie.