Europese land verban TikTok vir jaar na dood van tiener

Lees ook :

Europese land verban TikTok vir jaar na dood van tiener fotokrediet: Canva

Lees ook: Trump wil TikTok verban

ALBANIË. – Albanië het TikTok vir ’n jaar verban na ’n tiener in November dood is.

Die tiener is deur ’n ander tiener doodgesteek oor ’n dispuut wat op sosiale media begin het. Owerhede het na die seun se dood talle vergaderings met ouers en onderwysers gehad en het besluit om die toep te verban.

Albanië se eerste minister Edi Rama, het gesê die regering het besluit om TikTok te verban, want dit “moedig geweld en boeliery aan, veral tussen kinders”.

Volgens plaaslike navorsers is kinders in Albanië een van die grootste groepe wat TikTok in dié land gebruik. Die kinders in Albanië is teen die verbanning van die toep, maar ouers het hulle kommer uitgespreek na kinders met wapens skool toe is om geskille op te los of om ander te boelie.

Bronne: The Independent, Daily Mail, NPR

Lees ook: Trump wil TikTok verban

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief