Faf de Klerk en Miné se bondeltjie liefde gebore

Lees ook :

Foto: Miné de Klerk Instagram-profiel

NASIONAAL. – Die Springbok Faf de Klerk en sy vrou Miné se bondeltjie liefde, Remi-Ré de Klerk, is op 27 Februarie in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein gebore.

Die geboorte-aankondiging op Instagram sê die kleinding is op 37 weke en 4 dae van die swangerskap gebore, weeg 2.58 kg en is 48 cm lank en die belangrikste van die boodskap is die “We love you” aan die onderkant.

Die trotse ma en pa het van voor die geboorte tot na die tyd breed op foto’s geglimlag.

Marise Pollard het op die aankondiging reageer dat sy nie kan wag om die kleinding te ontmoet nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief