GAZA. – Vier kinders en hulle ouers is oornag in ’n Israeliese lugaanval op Gaza City dood. Die Hamas-woordvoerder, Abel-Latif al-Qanoua, is ook dood in ’n lugaanval op Jabaliya in die noorde van Gaza.
Lees ook: Palestynse burgers betoog teen Hamas in Gaza
Israel het gedreig om gebiede in Gaza en meer op te eis as Hamas nie die oorblywende Israeliese gyselaars vrylaat nie. Hamas het gedreig hulle sal die gyselaars doodmaak as Israel aanvalle op hulle gebiede hervat.
Duisende Palestynse burgers in Gaza betoog steeds teen Hamas en eis ’n einde aan die oorlog.
Bronne: The Irish Times, Times of India, US News
Lees ook: Palestynse burgers betoog teen Hamas in Gaza
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





