Palestynse burgers betoog teen Hamas in Gaza

Lees ook :

Palestynse burgers betoog teen Hamas in Gaza fotokrediet: X

GAZA. – Palestynse burgers in Gaza en ander gebiede wat deur Israel beset word, is besig om teen Hamas te betoog.

Lees ook: Sowat 23 burgerlikes dood in Israeliese aanvalle op Gaza

Duisende burgers is strate toe en het geskree: “Hamas moet gaan! Uit uit uit!”.

Betogers het ook betoog vir ’n einde aan die “Israeliese volksmoord” en ’n einde aan die oorlog. In Jabalia het betogers plakkate gehad waarop gestaan het: “Genoeg verplasing en haweloosheid”, “Stop die oorlog” en “Ons gaan dood”.

’n Betoger het geskree: “Ons is vreedsame mense! Ons wil lewe! Ons wil lewe! Ons is klaar!”.

Hamas het op Telegram gesê die mense wat betoog “ten gunste van die okkupasie, onder die naam van anti-Hamas-betogings” is verraaiers. Hamas het ‘n geskiedenis van geweld gebruik om betogings te stop wat hulle gesag in Gaza bevraagteken.

Bronne: Newsweek, Business Standard, The Straits Times

Lees ook: Sowat 23 burgerlikes dood in Israeliese aanvalle op Gaza

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief