THOHOYANDOU. – ’n Man (33) sal binnekort in die hof verskyn na hy Dinsdag in hegtenis geneem is vir die beweerde aanranding en moord op sy niggie (16).
Lees ook: Verdagte in hegtenis wat glo seun (13) probeer ontvoer
Die verdagte het glo die meisie gesoek na sy vir ’n paar dae nie by die huis geslaap het nie. Hy het haar by die huis gekry en gekonfronteer. Die man het haar glo geslaan en sy het probeer ontsnap. Die man het haar teruggeneem huis toe, waarna haar ma ’n ambulans gebel het.
Die meisie is op die toneel dood verklaar en die man is in hegtenis geneem.
Bronne: SAPD
Lees ook: Verdagte in hegtenis wat glo seun (13) probeer ontvoer