Meer as 1 500 mense dood op SA-paaie tydens feesseisoen

Lees ook :

Meer as 1 500 mense dood op Suid-Afrikaanse paaie tydens feesseisoen fotokrediet: Canva

Lees ook: Saak teen Agnes Setshwantsho uitgestel

Sowat 1 502 mense is sedert 1 Desember 2024 dood in 1 234 ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie.

Vervoerminister Barbara Creecy het gister die statistieke aangekondig. Sy het haar medelye uitgespreek teenoor die families wat iemand verloor het en het die mense wat nog herstel sterkte toegewens.

Volgens Creecy is daar ‘n toename van 5.3% (70) in die aantal mense wat dood is in die 2024/2025-feesseisoen teenoor die 4.2%-toename (50) van 2023/2024.

Die meeste mense is in ongelukke in KZN, die Oos-Kaap, Vrystaat, Limpopo, Noord-Kaap en Noord-Wes oorlede.

41% van die mense wat dood is, was voetgangers. Meeste van die voetgangers is in Gauteng, die Wes-Kaap en KZN dood. 711 184 boetes is in die feesseisoen uitgereik en 8 917 voertuie is geskut.

Creecy het gesê Suid-Afrikaners moet hulle gedrag op die paaie verander.

Sy het gesê mense moenie drink en bestuur nie.  Voetgangers moet seker maak hulle is sigbaar en moet slegs paaie oorsteek waar dit veilig is.

Bronne: TimesLIVE, eNCA, The Citizen

Lees ook: Saak teen Agnes Setshwantsho uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief