Families van Boeing-slagoffers staan pleitooreenkoms teen

Lees ook :

Families van Boeing-slagoffers staan pleitooreenkoms teen
Families van Boeing-slagoffers staan pleitooreenkoms teen fotokrediet: Canva

Lees ook: Boeing finaliseer pleitooreenkoms in bedrogsaak

TEXAS, VSA. – Federale aanklaers in Texas het ‘n pleitooreenkoms met Boeing bereik oor twee ongelukke in 2018 en 2019 en wil hê die hof moet die besluit aanvaar.

Dit selfs na die families van die slagoffers en ander entiteite gesê het hulle staan die pleitooreenkoms teen en wil ‘n verhoor hê. ‘n Deel van die ooreenkoms is dat Boeing sal erken hulle het gelieg oor die sagteware wat tot die ongelukke gelei het. Volgens die families se prokureurs minimaliseer die pleitooreenkoms die dood van 346 mense.

Boeing se prokureurs het gesê die families se verteenwoordigers was bewus van die terme van die ooreenkoms voor dit aan hulle gebied is.

Die departement van justisie se prokureurs het ook gesê hulle het met die families gepraat en as daar ‘n verhoor is, gaan hulle nie bewyse gee oor die oorsake van die ongelukke nie. Hulle het ook verseker hulle gaan nie individuele werknemers van Boeing aankla as daar ‘n hofsaak is nie.

Bronne: Fox News, AP News, Bloomberg

Lees ook: Boeing finaliseer pleitooreenkoms in bedrogsaak

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App