FBI gaan beeldmateriaal vrystel om te bewys Jeffrey Epstein het selfdood gepleeg

Lees ook :

FBI gaan beeldmateriaal vrystel om te bewys Jeffrey Epstein het selfdood gepleeg fotokrediet: Wikipedia

NEW YORK, VSA. – Beeldmateriaal sal vrygestel word wat bewys dat Jeffrey Epstein selfdood gepleeg het, het die adjunk-direkteur van die FBI, Dan Bongino, Donderdag in ’n onderhoud met Fox & Friends gesê.

Lees ook: Jeffrey Epstein-hofdokumente moet vrygestel word

Bongino het gesê die ’n video wys dat daar “… niemand was behalwe hy nie. Daar is net niemand daar nie.” Hy het bygevoeg: “Daar is geen DNS, klank, vingerafdrukke, verdagtes of medebeskuldigdes nie. Daar is niks nie.”

Die direkteur van die FBI, Kash Patel, het vandeesweek bevestig dat Epstein homself om die lewe gebring het, maar het gesê nuwe inligting sal bekendgemaak word soos en wanneer dit opduik.

Daar was verskeie gerugte dat Epstein in 2019 in die tronk vermoor is. Die New York Post het berig twee kameras buite Epstein se tronksel het ophou werk en twee wagte wat hom elke 30 minute moes monitor, het aan die slaap geraak. Hy is dopgehou omdat hy drie weke voor sy dood selfdood probeer pleeg het.

Bronne: The Jerusalem Post, Fox News, The Independent

Lees ook: Jeffrey Epstein-hofdokumente moet vrygestel word

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief