VSA. – Die FBI het gesê dit is steeds op soek na die verdagte in die moord op Charlie Kirk. ‘n Video is gisteraand vrygestel van ‘n man in donker klere wat van die dak van ‘n gebou op die Utah Valley-universiteitskampus, waar Kirk geskiet is, afspring en in ‘n beboste gebied inloop.
Lees ook: Wapen gebruik in Charlie Kirk-moord gevind
Die verdagte het na bewering ‘n hoëkaliber-vuurwapen in die beboste gebied gelos. Die FBI het gesê dit is besig om die vuurwapen forensies te analiseer.
Beau Mason, Utah se openbareveiligheid-kommissaris, het gesê owerhede het “geen idee” of die verdagte hom steeds in Utah bevind nie.
BREAKING: FBI has just released a video of the Charlie Kirk suspect running from the scene.
— Brian Krassenstein (@krassenstein) September 12, 2025
If anyone can help in identifying this guy, please contact the FBI immediately. pic.twitter.com/5ar4eh0uZ0
Bronne: The Independent, BBC, Fox News





