KWAZULU-NATAL. – ‘n Fetus is Woensdag tussen vullis in ‘n reservoir in Dawencrest ontdek.
Reaction Unit South Africa sê veiligheidsbeamptes wat by die reservoir gebaseer is, het die ontdekking gemaak en hulle gebel.
“Met aankoms op die toneel het reaksiebeamptes die gedeeltelik ontwikkelde fetus opgespoor wat in papierhanddoeke toegedraai was. Die geslag van die kind kon nie bepaal word nie.”
Rusa sê volgens die persoon wat gebel het, dra honde gewoonlik vullis na die reservoir toe aan.





