Lees ook: Stéhan Grobler uit op borg
Die voormalige finansiële hoof van Steinhoff is gister op borg van R150 000 vrygelaat.
Andries Benjamin la Grange word saam met Stéhan Grobler, die voormalige Steinhoff-direkteur, aangekla van bedrog, die vervalsing van finansiële state en rampokkery.
Grobler is in Maart op borg vrygelaat.
La Grange moet elke Maandag by die Sandton-polisiestasie aanmeld, sy paspoort oorhandig en mag nie Gauteng verlaat sonder om die ondersoekbeampte in kennis te stel nie.
Hy moet ook die polisie in kennis stel as hy sy adres verander en mag nie met staatsgetuies inmeng nie.
Die saak is tot 4 Oktober uitgestel.
Bronne: Algoa FM, IOL, The Citizen
Lees ook: Stéhan Grobler uit op borg





