Lees ook: FlySafair kan lisensie verloor oor oortreding van buitelandse eienaarskapreëls
FlySafair het ‘n dringende aansoek geloods om te keer dat die Suid-Afrikaanse vertakking van die International Air Services Council (IASC) hulle internasionale vlugte hok.
Die lugredery is in die moeilikheid na bevind is die lugdiens se aandeelhoudingstruktuur voldoen nie aan wetgewing oor plaaslike eienaaskap nie. Die Ierse ASL Aviation Holdings besit omtrent 74.86% van FlySafair, terwyl dit eintlik net 25% mag besit.
IASC wil sanksies teen FlySafair instel, wat kan veroorsaak dat FlySafair hulle lisensie verloor of boetes moet betaal. Die plan is ook om internasionale vlugte te grond, maar FlySafair het aansoek gedoen om die besluit te keer.
Bronne: eNCA, BusinessTech, Business Day
Lees ook: FlySafair kan lisensie verloor oor oortreding van buitelandse eienaarskapreëls





