Lees ook: Dr. Nandipha Magudumana vandag in hof vir appèl teen uitlewering
FlySafair kan hulle lisensie verloor oor die maatskappy glo die buitelandse eienaarskapreëls oortree het.
Die Suid-Afrikaanse internasionale lugdiensraad het na ’n klagte deur Airlink en Lift bevind FlySafair word grotendeels deur die Ierse maatskappy, ASL Holdings besit.
ASL Holdings beheer 74.86% van FlySafair se kapitaal, wat Suid-Afrika se lugredery-eienaarskapwette oortree. Volgens die wette kan buitelandse maatskappye slegs 25% van binnelandse lugrederye besit.
Suid-Afrikaanse reguleerders sal nou besluit watter stappe teen FlySafair geneem gaan word.
Bronne: Aerotime, BusinessTech, 2OceansVibe
Lees ook: Boeing-satelliet val uitmekaar, veroorsaak wêreldwye internetonderbreking





