Brekende Nuus
Afrikaans

Fotograaf red sterwende hond van afgeleë eiland

White was besig om te kajak aan die kus van Belize toe hy die hond sien.

Fotograaf red sterwende hond van afgeleë eiland
Fotograaf red sterwende hond van afgeleë eiland Foto: iHeartintelligence

BELIZE.- ’n Fotograaf het ’n sterwende hond van ’n afgeleë eiland gered. Die fotograaf, Wesley White, van Montana, was op reis vir sy werk toe hy op die hond afkom.

LEES OOK: Vrou in hegtenis wat glo lieg oor verkragting

Fotograaf red hond

White was besig om te kajak aan die kus van Belize toe hy die hond sien. Die hond het by ’n ou vissershut rondgeloop.

Verbasend genoeg was die hond baie vriendelik met die man, asof hy dankbaar was om ’n ander lewende wese in die omgewing te sien.

Uit die hoek van sy oog

Hy het aan iHeartintelligence gesê: “Ek het net gesit en oor die water gekyk en begin eet. Uit die hoek van my oog het ek sy waaiende stert gesien. Ek het dadelik besef hoe erg uitgeteer hy is. My hart het in my bors ontplof.”

Almal help

Hy het in sy hart gevoel hy moet die hond red.

Hy het die hond in sy kajak gelaai en hulp gaan soek. Gelukkig was daar baie mense wat bereid was om hom te help om die hond te red.

LEES OOK: Man brand huis af toe hy steak in broodrooster gaarmaak

Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.