Het ons die tyd van die Wegraping verkeerd verstaan?

Lees ook :

Baie bekende stemme het die afgelope maand begin praat oor die moontlikheid dat die Wegraping op 23 September vanjaar kan plaasvind. Een van Suid-Afrika se eie bekendes, Danie Botha, is oortuig dat dit sal gebeur — volgens wat hy glo die Here aan hom geopenbaar het. Maar laat ons bietjie dieper delf in hierdie voorspelling en kyk of dit werklik ’n moontlikheid is.

Eerstens: ek, Bert Mostert, die skrywer van hierdie artikel, glo nie dat ons die Torah moet probeer onderhou en soos Jode leef nie. Tog moet ons onthou dat, hoewel ons onder die Nuwe Testament en die Wet van Genade leef, dit nie beteken dat die Ou Testament afgeskaf is nie. God is dieselfde van Genesis tot Openbaring.

Daar is baie argumente wat daarop wys dat die Wegraping moontlik naby is. Die sterkste hiervan lê nie in mense se persoonlike oortuigings of sogenaamde openbarings nie, maar in die Bybelse patroon van die Joodse feeste.

Die Lentefeeste (reeds vervul in Jesus se eerste koms)

Pasga (Pesach)
Gedenk: Israel se bevryding uit Egipte deur die bloed van die lam.
Vervulling: Jesus is die Lam van God wat vir ons sondes geslag is (Joh. 1:29; 1 Kor. 5:7).

Fees van Ongesuurde Brood (Chag HaMatzot)
Gedenk: Israel moes ongesuurde brood eet (suur = sonde).
Vervulling: Jesus se sondelose liggaam is begrawe; Hy was die Brood van die Lewe sonder sonde (Joh. 6:35).

Fees van die Eerstelings (Yom HaBikkurim)
Gedenk: Die eerste oes word aan God gewy.
Vervulling: Jesus is die Eersteling uit die dode deur sy opstanding (1 Kor. 15:20).

Pinkster (Shavuot / Fees van Weke)
Gedenk: Oesfees + die Wet wat by Sinai gegee is.
Vervulling: Die Heilige Gees is uitgestort op die kerk (Hand. 2).

Sien jy die patroon? Groot gebeurtenisse het telkens op Joodse feesdae plaasgevind. Dit is nie ’n poging om iets te forseer nie — dit is historiese feite.
Daar is egter nog Herfsfeeste wat wys op die toekoms, waarvan ek net die een sal noem, en dit is die Basuinfees (Yom Teruah / Rosh Hashanah).
Gedenk: ’n dag van trompetgeskal.
Profetiese vervulling: Word verbind aan die wederkoms van Christus en die laaste basuin (1 Kor. 15:52; 1 Tess. 4:16).

Ek glo die kans is goed dat die Wegraping wel op so ’n feesdag kan plaasvind.

Die meeste gelowiges sal onmiddellik Mattheus 24:36 aanhaal: “Maar van daardie dag en uur weet niemand nie, ook nie die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.” Dit is waar, en ek sal nooit teen die waarheid van die Skrif stry nie — dalk net oor die interpretasie daarvan.

Daar word egter gepraat van die dag en uur, nie die week of jaar nie. Dit is ‘n unieke viering omdat die presiese begin daarvan histories gekoppel was aan die waarneming van die nuwemaan, wat lei tot die Hebreeuse naam Yom Teruah of “die dag waarop niemand die dag of die uur ken nie”. So as jy wil tegnies wees, kan die wegraping enige tyd gedurende die twee dae plaasvind, en ons kan nogsteeds sê ons weet nie die dag of die uur daarvan nie.
My gevolgtrekking:

Gaan die Wegraping hierdie week plaasvind? Ek dink nie so nie. Ek glo die bruid van Christus is nog nie heeltemal gereed nie. Is dit moontlik? Ja.

Maar kan ons as gelowiges ’n datum daarop sit? Eerder nie. Om datums vas te stel is gevaarlik:

As dit nie gebeur nie, lei die geloof skade in die oë van die wêreld.

Party gelowiges wat in so ‘n voorspelling glo, se geloof kan groot skade lei wanneer dit nie gebeur nie.

Dit is goed en reg om opgewonde te wees oor die Here se koms. Dit is kosbaar in Sy oë dat sy kinders daarna uitsien. Maar ons fokus moet eerder wees om gereed te wees, as om ’n datum daaraan te heg.

Onthou: Hy kom vir ’n skoon, rein bruid.

Openbaring 19:7–8
Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

Glo jy dat jy reg is?

Vrywaring: Die mening wat in hierdie artikel/inskrywing uitgedruk word, is uitsluitlik dié van die skrywer. Nuusflits tree slegs as publikasieplatform op en aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud of die standpunte van die outeur nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief