Lees ook: Konstitusionele hof beslis Jacob Zuma mag nie as kandidaat in verkiesing staan nie
GALESHEWE, KIMBERLEY. – ’n Man (43) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy stiefdogter tussen 2017 en 2020.
Die man het in 2017 by die toe 14-jarige se kamer ingegaan, haar mond toegedruk en haar verkrag. Hy het gedreig om haar en haar ma dood te maak as sy iets sou sê.
Die man het weer op 27 Junie 2020 probeer om die slagoffer te verkrag toe sy 17 was, maar haar ma het op hom afgekom en die polisie gebel.
Sy naam is in die register vir seksuele misdadigers geplaas en hy is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.
Bronne: SAPD
Lees ook: Konstitusionele hof beslis Jacob Zuma mag nie as kandidaat in verkiesing staan nie





