Lees ook: Jacob Zuma mag as kandidaat staan, beslis hof
Die konstitusionele hof het die verkiesinghof se besluit omgekeer en het beslis Jacob Zuma mag nie as ‘n kandidaat aan die verkiesing deelneem nie.
Dit volg na die OVK ‘n dringende aansoek geloods het om Jacob Zuma van die kandidatelys te laat verwyder. Die verkiesinghof het vroeër beslis Zuma mag aan die verkiesing deelneem ten spyte van sy kriminele rekord.
Daar is voorheen beswaar gemaak teen Zuma se deelname aan die verkiesing as ‘n kandidaat vir die MK-party.
Bronne: IOL, ECR, The Citizen





