Gasa-gesondheidsministerie sê 25 mense dood in Israeliese aanvalle

Lees ook :

Gasa gesondheidsministerie sê 25 mense dood in Israeliese aanvalle fotokrediet: Canva

GASA. – Die Hamas-bestuurde gesondheidsministerie in Gasa het gesê 25 Palestynse burgers is gister dood in Israeliese aanvalle in die Gasa-strook.

Lees ook: 13 mense dood in Israeliese aanval in Libanon

Volgens reddingswerkers is 10 mense dood toe ‘n gebou van Moslemse geloofsowerhede en ‘n VN-gebou in Khan Younis aangeval is. Beide geboue huisves families wat verplaas is.

Die Israeliese weermag het gesê dit het “Hamas-terreurteikens” aangeval nadat gewapende mans in ‘n gebied geskiet het waar Israeliese soldate in Khan Younis gewerk het.

Hamas het die aanvalle veroordeel en het die VSA aangemoedig om “die verbintenis wat dit aangegaan het te eer en dadelik druk te plaas op Israel om die skietstilstand na te kom en aanvalle te stop”.

‘n Beampte van die VSA het aan die media gesê Hamas probeer die skietstilstand te verbreek en nie die verbintenis om op te hou veg, na te kom nie.

Bronne: BBC, CBC, ABC

Lees ook: 13 mense dood in Israeliese aanval in Libanon

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief