Gaslek veroorsaak waarskuwing in Bloemfontein

Lees ook :

Foto's: FV Plus

VRYSTAAT. – ‘n Stemnota is net na 09:00 vanoggend uitgereik, waarin inwoners van Bloemfontein gewaarsku is om weens ‘n gaslek by die Memorium-begraafplaas-area weg te bly.

Van die paaie is vir veiligheid afgesper en motoriste is versoek om van alternatiewe paaie gebruik te maak.

Die betrokke stemnota is deur ‘n bekommerde inwoner aan Nuusflits gestuur. Daar is gevra die stemnota moet in die groter Bloemfontein-omgewing versprei word. Die brandweer kon volgens die stemnota die lekkasie blokkeer en afseël.

Nuusflits het kommentaar oor die situasie van Valerie de Kock, die VF Plus-raadslid in die Mangaung-metroraad, gevra. De Kock het aan Nuusflits bevestig misdadigers het vroegoggend ‘n klep van ‘n gastenk gesteel wat lewens van inwoners in die onmiddellike gebied in gevaar gestel het. Nooddienste wat vinnig reageer het, is bedank. De Kock sê in ‘n verklaring wat die situasie oor die Memorium-begraafplaas se verval is.

Kommentaar is van die Mangaung-metroraad gevra.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Daar moet dringend opgetree word om verdere plundering by die krematorium op die terrein van die Memoriam-begraafplaas te voorkom.

Misdadigers het in die vroeë oggendure vandag ʼn klep van ʼn gastenk by die krematorium gesteel wat die lewe van omliggende inwoners in gevaar stel.

Die swak instandhouding en algemene verval van die Memoriam-begraafplaas is al jare lank ‘n veiligheidsrisiko en ‘n bron van kommer vir die gemeenskap.

Die lang gras, bosse en verskeie gebreekte heinings bied ‘n ideale teelaarde vir misdadige elemente.

Drie voertuie het al deur die heining gejaag en die skade is steeds nie herstel nie.

Die VF Plus het by die munisipale bestuurder, Sello Moore, geëis dat die heinings herstel word en dat bykomende veiligheidsmaatreëls ingestel word om verdere voorvalle te voorkom.

Daar is ook berigte van onwettige plakkers wat in ‘n verlate huis op die perseel bly.

Die huidige veiligheidsmaatreëls is nie voldoende nie. Die begraafplaas is só groot en verwaarloos dat dit patrollies byna onmoontlik maak om onwettige toegang te verhinder.

Die VF Plus sal ook vrae in die Vrystaatse wetgewer vra om vas te stel waarom daar steeds gas in die tenks is, aangesien die krematorium al vir meer as twee jaar nie gebruik word nie.

Die VF Plus bedank die nooddienste wat vinnig gereageer op die jongste voorval.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief