Lees ook: Nog aappokke aangemeld
GAUTENG. – ‘n Man in Gauteng is dood aan apokke terwyl nog vier mense behandeling vir die siekte ontvang.
Die departement van gesondheid het bevestig daar is tans vyf gevalle van apokke in die land – twee in Gauteng en drie in KwaZulu-Natal.
Een van die mans in Gauteng is Maandag in die Tembisa-hospitaal oorlede.
Al die gevalle is mans tussen 30 en 39 jaar oud wat nie gereis het nie.
Suid-Afrika probeer tans om die inenting teen apokke te bekom. Mense word herinner om na ‘n hospitaal te gaan as hulle simptome van die siekte ervaar.
Bronne: IOL, The Citizen, George Herald
Lees ook: Nog aappokke aangemeld





