Lees ook: ANC gaan betoog ten gunste van naamsverandering van Sandton-rylaan
Gayton McKenzie, minister van sport, kuns en kultuur, het gesê die hernoeming van munisipale strate is nie onder sy ministerie of die South African Geographical Names Council Act se mandaat nie.
Hy het in ‘n geskrewe antwoord op ‘n parlementêre vraag gesê munisipaliteite is verantwoordelik daarvoor om die openbare konsultasieprosesse te volg wanneer hulle strate wil hernoem. Daar is geen wet om te verhoed dat plekke of strate na internasionale politici vernoem word nie.
McKenzie se antwoord volg op ‘n voorstel om Sandton-rylaan na Leila Khaled-rylaan te hernoem. Khaled was ‘n Palestynse militant wat ondermeer in 1969 vlug TWA 840 gekaap het, maar die ANC het gesê die hernoeming van Sandton-rylaan sal die land se bande met Palestina versterk.
Bronne: IOL, Press Reader, The Citizen
Lees ook: ANC gaan betoog ten gunste van naamsverandering van Sandton-rylaan





