Gayton McKenzie sê hy gaan nie verskoning vra vir ou Twitter-plasings nie

Lees ook :

Gayton McKenzie sê hy gaan nie verskoning vra vir ou Twitter-plasings nie fotokrediet: X

Gayton McKenzie, die minister van sport, kuns en kultuur, is in die sop oor ou Twitter-plasings (nou X) waarin hy die k-woord sou gebruik het en ’n video waarin hy rassistiese opmerkings sou gemaak het.

Lees ook: Menendez-broers hierdie week in hof vir paroolevaluasie

McKenzie het glo tydens ’n podsending rassistiese opmerkings teen die gashere van Open Chats gemaak om hulle aan te spreek oor negatiewe kommentaar wat hulle voorheen oor Suid-Afrika se bruin gemeenskap gemaak het.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het McKenzie se plasings ondersoek ná ’n klagte deur onder andere ActionSA en het aangekondig daar is genoeg bewyse om die saak verder te neem. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ’n kennisgewing dat die saak ondersoek word aan McKenzie gestuur en sal oor die beste pad vorentoe besluit.

McKenzie het gesê hy sal met die Menseregtekommissie vergader en dit “afbreek in die gelykheidshof en jy sal sien op die ou end, ek gaan hier wen”. Hy het bygevoeg: “Ek gaan nie om verskoning vra nie, want ek is nie rassisties nie. Ek het nie rassistiese dinge gesê nie. Ek sal alles verduidelik wat daar gesê is”. Hy het gesê ’n analise sal wys dat hy kommentaar gelewer het oor die opmerkings van ander mense en dat hy nooit rasse-slurs teen iemand sal gebruik nie.

Bronne: IOL, The Citizen, EWN

Lees ook: Menendez-broers hierdie week in hof vir paroolevaluasie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief