Gayton McKenzie sê in plasing op X John Steenhuisen moet bedank

Lees ook :

Gayton McKenzie sê John Steenhuisen moet bedank in plasing op X fotokrediet: X

Gayton McKenzie het in ’n plasing op X vir John Steenhuisen gesê om sy bedanking in te dien. Die plasing was in reaksie op Steenhuisen se plasing dat die DA hof toe wil gaan oor die begroting en BTW-verhoging.

Lees ook: Begroting aanvaar met BTW-verhoging tydens stemming in parlement

Die begroting is gisteraand aanvaar met die BTW-verhoging steeds in die raamwerk ingesluit.

Steenhuisen het in ’n plasing op X gesê die DA sal ’n aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof indien om die begroting teen te staan. Hy het gesê die BTW-verhoging “gaan die lewe duurder maak vir almal en die DA sal hof toe gaan om vir die belange van alle Suid-Afrikaners te veg”.

McKenzie het reageer deur te sê “Dien jou bedanking op dieselfde tyd in”. Verskeie mense het met woede op McKenzie se plasing reageer.

Bronne: X

Lees ook: Begroting aanvaar met BTW-verhoging tydens stemming in parlement

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief