Lees ook: Drie kinders oorlede in brand op Soebatsfontein
DURBAN. – Die eThekwini-munisipaliteit het gewaarsku oor ‘n massiewe sinkgat in Dr. Ysuf Dadoostraat in die Durbanse sakekern.
‘n Ondergrondse waterpyp het gebars en die sinkgat gevorm.
Die hoek van Dr. Yusuf Dadoostraat, Dr Goonamstraat, Bertha Mkhizastraat en Dawid Websterstraat is gesluit.
Inwoners word gewaarsku om alternatiewe roetes te gebruik. Die sinkgat het geen invloed op die Comrades-marathon nie.
Bronne: ECR, IOL