Paartjies met kwalifiserende gewoonteregtelike huwelike (customary marriages) het nog tot 31 Augustus om hul huwelike te registreer, waarsku die departement van binnelandse sake.
Die spesiale registrasietydperk is bedoel vir gewoonteregtelike huwelike wat nie binne die voorgeskrewe tyd geregistreer is nie, insluitend huwelike wat voor November 2000 gesluit is. Binnelandse sake doen ’n beroep op paartjies om nie tot die laaste oomblik te wag nie om lang rye te vermy.
Vir meer inligting kan mense hul naaste binnelandse sake-kantoor besoek. ’n Gewoonteregtelike huwelik is ’n huwelik wat volgens die inheemse gebruike en tradisies van ’n gemeenskap of kultuur aangegaan word.
Druk hier om meer te lees.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: