Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir môre vir dele van die Noord-Kaap, Vrystaat, Noord-Wes, Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal uitgereik. Daar is ‘n moontlikheid van oorstromings, hael, swaar reën, onstuimige wind en weerlig.
Lees ook: Geel vlak 2-waarskuwings vir donderstorms vir vandag uitgereik
‘n Geel vlak 1-waarskuwing vir onstuimige wind is vir die Wes-Kaap uitgereik.
Reën is vir môre voorspel vir dele van die Noord-Kaap, Vrystaat, Noord-Wes, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD
Lees ook: Geel vlak 2-waarskuwings vir donderstorms vir vandag uitgereik





