Lees ook: Sneeu en donderstorms voorspel vir die week
KZN. – Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal is op bystand na ’n geel vlak 2-weerwaarskuwing vir die provinsie uitgereik is.
Swaar reën, sterk winde en weerlig is vir die meeste dele van die provinsie vir vandag voorspel. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ook sneeu en donderstorms vir verskeie provinsies vir die res van die week voorspel.
Mense word gewaarsku om versigtig te wees as hulle op die pad is.
Bronne: eNCA, EWN, SAWS