Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms vir vandag vir Gauteng en Mpumalanga uitgereik.
Lees ook: Reggae-sanger Jimmy Cliff (81) oorlede
Daar is ‘n gevaar van hael, sterk wind en swaar reën wat tot oorstromings kan lei.
Mense word gewaarsku oor bome wat moontlik kan omval, skade aan infrastruktuur, oorstromings van paaie en brûe en ‘n groot hoeveelheid hael.
Die weerdiens herinner mense om die weer vir enige verandering dop te hou.
Bronne: SAWD
Lees ook: Reggae-sanger Jimmy Cliff (81) oorlede





